As ouers soek ons soms alles in ons kinders se lewe – skoon en georganiseerd. Xcellence laat soms bietjie warwoel in die sandput toe – waarom ?
Goeie bakterië
Wetenskaplikes het bevind dat kinders wat in die modder speel, geneig is om gelukkiger te wees. Modder stel die bakterie Mycobacterium vaccae vry, wat die brein help om seratonien vry te stel wat help met onder meer ontspanning.
Kom in aanraking met die natuur
Die hedendaagse kind het weinig met die natuur te doen (Family Farm tel nie). Kinders wat in die modder speel voel en ruik (sommige proe) die natuur. Binnekort gaan hulle werk en minder buite wees. Laat hulle toe om die natuur te ervaar.
Dit kan gesond wees
Wag eers met die waslappe en die wipes. Onlangse navorsing wys dat grond, maar veral modder, goed kan wees vir jou kind se immuniteit. Grond is goed en modder manjefiek.
Slimmer kinders
As die huiswerk klaar is, laat hulle toe om hulle kognitiewe funksies verder te verbeter. Modder maak jou slimmer: navorsing toon dat die die toename in seratonien weens die Mycobacterium vaccae-bakterie help met die kognitiewe ontwikkeling
Modder help met leer en ontwikkeling
Sensoriese spel (veral met die hande) voed kinders se breintjies. Dit leer kinders kreatief wees (onthou nog die modderkoekies, kastele en kleilatte?), versterk hulle motoriese vermoë, wetenskap en selfs wiskunde.
