Xcellence beantwoord jou vrae (FAQ’s)

Hoe laat kom die skool uit?

13h00: Kruinsig Gr R-3; Impala Gr R-2

13h30: Impala Gr 3

14h00: Kruinsig Gr 4-7; Impala Gr 4-7

(Kruinsig Gr 3’s se uitkomtyd is 13h30 na die Interlaer; Impala se uitkomtyd is 12h00 vir Woensdag, Donderdag en Vrydag)

Waar kry Xcellence my kind?

Kruinsig: Gr R & 1 – by hul klassies; Gr 2-7 – onder die afdak agter die snoepie

Impala: Gr R & 1 – by hul klassies; Gr 2 – onder die groot boom; Gr 3 – Wag ‘n Bietjie area; Gr 4-7 – Agter die pawiljoen in Rooiboslaan

Wat van Buitemuurse aktiwiteite?

Stuur per WhatsApp of email jou kind se lys van aktiwiteite na Alet met die volgende inligting: aktiwiteit, tye, plek – sit terug en ontspan, ons het dit!!!

Wat gebeur as dit reën?

Ons het sambrele vir die ligte motreën. Indien dit enigsins hard reën sal die bussie die kinders in sarsies aanry na Xcellence.

Wat eet en drink my kind by Xcellence?

Kinders kry ‘n gekookte bord kos wanneer hy/sy by Xcellence aankom. Ons gee ook ‘n “snack” teen 16h00. Vars, koue water en koeldrank is ten alle tye beskikbaar. Indien u nie wil hê jou kind moet gebruik maak van die gemeenskaplike bekers nie, stuur gerus sy/haar eie botteltjie of glasie.

Wat vat my kind saam skooltoe om saam Xcellence toe te vat?

‘n Sak met droë klere (gemaklike klere wat kan vuil word) en ‘n warm baadjie/trui; Die nodige “kit”/boeke vir buitemuurse aktiwiteite;

Dra my kind hom/haarself dood aan al bogenoemde items?

Nee, ons help! Indien jy bekommerd is, is jy welkom om die vorige dag met “optel”, reeds jou kind se sak vir die volgende dag by Xcellence af te laai.

Vir verdere vrae, julle ken my beleid, BEL GERUS!

Groete,

ALET

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *