Xcellence bied nou RO en ekstra klasse aan! Odette en Mnr Tommie spesialiseer in eksamen en toets gereedheid, en maak plek vir kinders met enige leerbehoeftes … Van toppresteerders tot kinders wat meer aandag in kleiner groepies nodig het.




Kempton Park



Kry jou gunsteling “Celebrity” om saam jou ‘n X te maak !
Stuur dit aan xcellence.sa@gmail.com


As ouers soek ons soms alles in ons kinders se lewe – skoon en georganiseerd. Xcellence laat soms bietjie warwoel in die sandput toe – waarom ?
Goeie bakterië
Wetenskaplikes het bevind dat kinders wat in die modder speel, geneig is om gelukkiger te wees. Modder stel die bakterie Mycobacterium vaccae vry, wat die brein help om seratonien vry te stel wat help met onder meer ontspanning.
Kom in aanraking met die natuur
Die hedendaagse kind het weinig met die natuur te doen (Family Farm tel nie). Kinders wat in die modder speel voel en ruik (sommige proe) die natuur. Binnekort gaan hulle werk en minder buite wees. Laat hulle toe om die natuur te ervaar.
Dit kan gesond wees
Wag eers met die waslappe en die wipes. Onlangse navorsing wys dat grond, maar veral modder, goed kan wees vir jou kind se immuniteit. Grond is goed en modder manjefiek.
Slimmer kinders
As die huiswerk klaar is, laat hulle toe om hulle kognitiewe funksies verder te verbeter. Modder maak jou slimmer: navorsing toon dat die die toename in seratonien weens die Mycobacterium vaccae-bakterie help met die kognitiewe ontwikkeling
Modder help met leer en ontwikkeling
Sensoriese spel (veral met die hande) voed kinders se breintjies. Dit leer kinders kreatief wees (onthou nog die modderkoekies, kastele en kleilatte?), versterk hulle motoriese vermoë, wetenskap en selfs wiskunde.

Dit is ongelooflik ! Ons is bitter opgewonde. Bespreek deur die webwerf vandag !!



Hierdie is die beste wyse om ‘xcellent’ te voel en ontslae te raak van werksdruk in 2017.
Kontak haar gerus vir meer inligting by 061 406 7133
5 Gelukkige kaartjies gaan “VIP back stage” toegang kry om saam Bobby te kuier. Koop jou kaartjie teen R250.00 – die eerste trekking is 14 Februarie 2017 . Kaartjieverkope maak oop 25 Januarie 2017 via hierdie webwerf en uitgesoekte agente. Hou ons webwerf dop want jy kan dalk jou kaartjie WEN.
