Xcellence ondersteun Kempies Golfdag

Buckie King Baie dankie vir julle ondersteuning, ons sien uit om julle volgende jaar weer te verwelkom.👌🏼⛳️

Opgradeer 2019

XCELLENCE MIDJAAR OMSENDBRIEF – 2018

Ons nooi al ons belangstellende ouers uit om ons ope-aand by te woon die 4de September 2018 om 18h00.

Liewe Xcellence ouers,

Hierdie “quote” het ek so rukkie terug iewers gesien en dit het my vreeslik geraak en ek het net weer besef wat se groot rol elkeen van ons in ons kinders, “JULLE” kinders, se lewens speel. By Xcellence wil ek so ver gaan om te sê dat elkeen wat hier werk “KIES” om hier te werk. Dit is ‘n passie en daarvoor wil ons julle bedank … julle maak dit moontlik vir elkeen van ons om ons passie uit te leef deur elke dag met julle kinders te werk.

Hoekom hierdie stelling?

Ek kry gereeld ouers in my kantoor wat my kom sien oor hulle kind se uitdagings. Uitdagings met skoolwerk, sport, kultuur en ook sosiale aangeleenthede. Ek wil aansluit by die stelling hierbo … Die lewe is nie altyd regverdig nie, “Life is tough”, almal kan nie van almal hou nie, maatjies is WREED, en ek plaas die klem op wreed. Ons sien so baie dinge, ons sien hoe kinders sukkel met verskillende goed, ons sien hoe kinders baklei en ons hoor soms goed wat ons hare laat rys.

Een ding wat ek ook agtergekom het (en glo my, self moet aanvaar as ‘n mamma), is dat ons kinders vandag aan soveel  meer blootgestel word as waaraan ons blootgestel was op hierdie ouderdom. Dit voel maar net vir my of ons kinders nie meer kinders kan wees nie, alles is so gejaag en ons kinders is ook nou deel van hierdie “rat race”. DIE HARDE REALITEIT … ons kleintjies moet maar net inpas en dit maak. DIE HARTSEER … ons moet ons kinders voorberei vir goed waarvoor ons nog nie reg was op hierdie ouderdom nie. DIE GELUK … Ons (Xcellence) is bereid om hande te vat met elke ouer om jou kind voor te berei vir die toekoms / die pad vorentoe.

ALGEMEEN

By Xcellence is ons aktief betrokke by u kind, elke juffrou werk persoonlik met elke kind elke dag in haar klas. Ek beweeg rond tussen klasse, speelgrond, buitemuurs, kombuis, vervoer en ouerafsprake om seker te maak alles loop sover moontlik glad deur die dag. Ons is nie net ‘n toesighoudende sentrum nie. Ek verseker elke ouer dat vanaf u kind by die optelpunt aankom, iemand presies weet waar u kind moet wees of is.

Elke besigheid of instansie het reëls en struktuur nodig. Behalwe vir die finansies, is hierdie twee punte seker die belangrikste vir my om Xcellence die naskool te maak wat u verwag dit moet wees.

Elke ouer moes met inskrywing ‘n stel reëls en regulasies ontvang het en ook ontvangs daarvan geteken het. Indien u nie het nie, laat my asb so gou moontlik weet sodat ek dit vir u kan email.

Op hierdie noot … ‘n Paar belangrike punte wat dinge vir ons makliker kan maak

  • “KONTROLE” is nog bo alles seker die belangrikste. Dit mag dalk nie vir jou op die oomblik so belangrik wees nie, maar glo my … die dag wat JOU KIND opsoek is, of daar ‘n misverstand kom tussen familie en die verkeerde persoon net “daai” dag jou kind optel en jy nie daarvan weet nie, sal u besef wat ek bedoel.

Ouers gaan ons MOET laat weet as jy besluit om jou kind self te gaan haal by die skool of dalk direk by ‘n buitemuurse aktiwiteit optel. Ons stappers en busbestuurders soek soms lank na kinders net om dan uit te vind die ouer was self daar. Jy hou regtig nie net die stapper op nie, maar ook ander kinders wat dan al lankal kon begin het met huiswerk of dalk net ‘n bietjie kon speel. Ander ouers kom ook soms reeds by die naskool aan om hulle kinders op te tel en dan wag hulle vir “ons” om hulle kinders te bring.

  • UITTEKEN – Ons vra asb weer om ‘n punt daarvan te maak om u kind uit te teken wanneer jy jou kind kom haal. Soms sien ek ‘n ouer ‘n kind vat en is dan heel gelukkig daarmee, maar ek raak besig en dan soek ander personeel na kinders. Ons het al die proses probeer vergemaklik deur personeel op die grond te hê wat rondloop met die register en dit na u te vat. Selfs as ouers kinders by die klas gaan haal, maak asb seker u teken steeds uit.
  • Dit is die ouer se werk om te kommunikeer met u kind se skool of u kind se buitemuurse afrigter of instansie. Dit is nie vir ons moontlik om met almal se programme en veral veranderinge tred te hou nie. Indien ons nie ‘n instruksie van ‘n ouer het nie, kan ons ongelukkig nie ‘n bevel uitvoer rakende buitemuurse programme nie. Ons het dit al probeer, glo my, maar dit het regtig nog net altyd “gebackfire”.
  • Ons kantoorure is 09h00 – 12h30 Maandag tot Vrydag; Daarna is die personeel aktief betrokke by die kinders tot 17h30. Ouers is regtig welkom om enige tyd van enige dag boodskappe te stuur en ons sal na 09h00 in die oggend terugkom na jou toe. Skakel ook gerus tussen hierdie tye.
  • Mediese toestande / allergieë: Maak ASB seker ons het alles op leêr. Ek doen regtig ‘n beroep op ouers om nie ‘n siek kind naskool toe te stuur nie. Ons juffrouens kan nie bekostig om aangesteek te word nie, maar so ook glo ek u wil ook nie hê jou kind moet by ‘n ander kind aansteek nie. Ons mag nie medisyne toedoen nie tensy ‘n skriftelike opdrag ontvang is. Geen opdragte kan deur enige van die personeel telefonies aanvaar word nie.
  • Die “Lost and Found” loop oor. Ons gaan komende Vrydag alles uitpak in Huis Xcellence se eetsaal, maak asb ‘n draai en kyk wat daar is. Ons gaan regtig die oorblywende goed skenk aan die minder bevoorregdes asook klerebanke toe stuur. Ons kan nie ‘n pakplek word nie.
  • Ons het ‘n baie goeie betalingskultuur. Ons sê dankie daarvoor. Vir die wat onseker is … betalings moet asb gemaak word voor of op die 1ste van elke maand. Ons naskool is vol en u sal meer lees oor die eksklusiewiteit hieronder. Ons kan ongelukkig nie “nie-betalers” aanhou nie. Ons het fondse ook nodig om te bied wat u verwag.
  • Etenstyd by Xcellence is soos per die program hieronder uiteengesit. Ons het al gevind dat kinders nie wil eet as hulle by die naskool aankom nie en dan kom hulle na 4 en sê hulle is honger. Ons kan ongelukkig nie net kos op “standby” hou vir sulke gevalle nie. Kinders moet ook maar die les leer. Die kokke en skoonmakers begin 4 uur oppak en skoonmaak. Ons sal wel kos uithou vir die kinders wat direk na skool bly vir aktiwiteite, ons het ook nou gevind dat ons kos vir kinders skooltoe neem en dan kom haal hulle dit nie. Dit is baie frustrerend. Meer hieroor is u welkom om met my persoonlik te bespreek.

HUISWERK EN LEERWERK

Elke kind verskil

Die eerste ding wat ons ouers doen wanneer ons kinders met hulle rapporte bydie huis kom is om na die simbole te kyk nog voor ons gekyk het waarvoor dit is. Gemma (my en Maritz se dogtertjie, 3 jaar oud) se kommentaar langs “naams-herkenning”was “sy kan nog so bietjie oefen”. Maritz was devastated omdat sy dogtertjie glo nie haar naam uit die vuis kon onthou nie. Hahahaha – ek lag nou nog lekker vir hom. Natuurlik is hy skooltoe en na die juffrou se verduideliking van hoe die proses werk is hy meer as gelukkig en eintlik het ons besef sy presteer bo verwagtinge.

Elke kind verskil … elke maatjie se werk is anders en so ook resultate. Maar die een ding is seker … ons moet ons kinders toelaat om hulle EIE werk neer te sit en ons moet ons kinders toelaat om op hulle EIE werk te verbeter.

By Xcellence doen ons NIE jou kind se huiswerk vir hom/haar nie. Ons breek nie kinders se moraal en spoed nie. Ons help, ons assisteer en ons verduidelik.

Ek doen ‘n beroep op ouers om asb nie van ons te verwag om kinders se huiswerk vir hulle te doen nie. Netheid en korrektheid stem ek saam, is beslis wat ons verwag … maar tot u kind se vermoë. Ons sal druk vir beter en beter, ons mik vir hoër persentasies, maar tot u kind se vermoë. As ouers nie gelukkig is met hulle kind se prestasie nie, nie gelukkig is met boeke en huiswerk nie, kom sien my gerus. Dit is belangrik dat ons oop kaarte speel met mekaar.

Ek sê altyd … ons kan nie iets regmaak as ons nie daarvan weet nie. Ek waardeer ouers wat kom “kla” baie meer as ouers wat by partytjies sit en Xcellence se foute bespreek. Xcellence word nie deur robotte en computers bedryf nie, ons is almal mense en maak ook foute. Ons probeer regtig regmaak indien ons ‘n fout begaan het.

Ons het dit goed gedink om vaste huiswerktye en ‘n dagprogram in te stel sodat ouers ook presies weet wanneer hulle kind wat doen by Xcellence.

13h00:                  Skole kom uit en kinders word gehaal en gevat na  Xcellence

13h20:                  Kinders tree aan vir middagete en saam bid;

13h40:                  Kinders begin klaarmaak en gaan trek uit voor  huiswerk

14h00:                  Kinders in klasse en begin met huiswerk;

16h00:                  Snack

 

Die snr’s se program word basies met ‘n uur aangeskuif na uitkomtyd.

Indien u voel u kind het ekstra hulp nodig met huiswerk, lees, leer ens. vra asb. Ons het ‘n hele klomp mense wat huidiglik inkom na Xcellence vir ekstra hulp. Ek het ook ‘n hele paar name indien u ‘n verwysing soek. Let asb dat die ekstra hulp en buitemuurs vir u eie rekening is.

Personeel en terrein

Ons het nou 4 Graad 1 klassies, 2 Graad 2, 1 Graad 3, 2 Graad 4 en een groot lokaal vir die Gr 5-7’s. Tussen al die klasse en speelgrond het ons 21 personeellede. Soos u bewus is, is die jnr huis die nuwe huis langs die gedenktuin. Ons praat al van “Huis-Xcellence”. Die graad 2’s – 4’s doen huiswerk in die vierkant, in klasverband. Die snr huis is dan nou Roag. Die graad 2’s beweeg oor na Huis Xcellence sodra hulle klaar is met huiswerk. Die graad 3-7’s speel aan Roag se kant. Die kerk het ingestem om weer vir ons die palasades voor Roag terug te skuif sodat ons ouers nader kan parkeer, asook ons speelterrein so bietjie meer ingeperk is om sodoende meer beheer en toesig uit te oefen.

DIE “X” FAKTOR (“X-KLUSIEF”)

Ons het die laaste paar maande deur ‘n transformasie proses gegaan. Nie net het ons APLH oorgekoop nie, maar ook perseel geskuif en verander. Ek en Maritz wil weereens sover gaan as om dit ‘n “siftingsproses” te noem. Ons sien ons doel om na u kind om te sien in die middae en ‘n veilige plek te skep vir u kind as ‘n baie ernstige en ‘n baie groot verantwoordelikheid. Dus het ons baie streng begin optree volgens ons “Code of Conduct” en dissipline word afgedwing en word ook so tweede natuur by die kinders. Tafelmaniere, respek vir maats en juffrouens, hulself en hulle ouers word daagliks ingedril. Taalgebruik by vandag se kinders is skokkend en wens ek soms mens kon hulle monde met seep uitwas. Die realiteit is dat ons nie veel het om kinders mee te straf nie. Maar ons kan ongelukkig net sekere goed nie duld en toelaat nie.

Ons het besluit om alle nuwe inskrywings by Xcellence te “screen”. Nuwe kliënte gaan deur ‘n onderhoudsproses. Verwysings van vorige skole gaan gevra en gekontak word. En dan bly dit steeds ons keuse of daardie kind by ons kultuur sal inpas en/of ons hom/haar gaan aanvaar. Ons het besluit om Xcellence ‘n eksklusiewe sentrum te hou.

Ons het besluit dat ons slegs ‘n sekere hoeveelheid kinders in Xcellence kan hê. Ons ratio bly vir die jnr’s 1/15 en vir die snr’s 1/20. Die rede daarvoor is omdat die snr’s soveel aktiwiteite het en daar nooit meer as 15 in die klas gelyktydig is nie.

OPE-AAND

Ons nooi al ons belangstellende ouers uit om ons ope-aand by te woon die 4de September 2018 om 18h00.

Ons tema is “HANDE”.

Groete,

ALET

Hoof

PDF Download Midjaar Omsendbrief 2018

SmartBrain @ Xcellence

Die vaardigheid om goed en met begrip te kan lees is die hoofrede waarom leerders goed presteer op skool.  As u kind stotterend lees, letters omkeer (gewoonlik “b” of “d”) of sukkel om te konsentreer het hy/sy SmartBrain nodig.  SmartBrain spesialiseer nie net daarin om leesprobleme te remedieër nie, maar maak ook voorskoolse leerders skoolgereed.  Ons Wiskunde Program is gebaseer op die ‘CAPS’ sisteem en verseker ‘n goeie grondslag vir u kind.

 

SmartBrain Programme

 

  Skoolgereedheid: Graad R Leesprobleme
Voorsprong op Lees: Graad 1 Disleksie b/d omruilings
Woordeskat aanvulling Konsentrasieprobleme
Wiskunde Gr.R en Gr.1 Spelafrigting

                 

Kontak Daleen Saaiman  – 083 651 5200

www.smartbrainsa.co.za  E-pos: smartbrain.daleen@gmail.com