Ons is halfpad met die Julie vakansie en dis pret, pret en nog pret …. maar

DAAR MOET STEEDS STRUKTUUR WEES
Alhoewel ouers dit ook gedurende skoolvakansies geniet dat hulle nie soveel beheer oor reëlings rondom hul kinders hoef uit te oefen nie en hulle ook ’n blaaskans kry, moet alle reëls nie noodwendig oorboord gegooi word nie. Skep steeds ’n roetine rondom opstaan- en slaaptye. Sorg ook dat maaltye gereeld en min of meer op dieselfde tye geëet word. Beplanning, al is dit op ’n kleiner skaal, is steeds belangrik. Hou dit eenvoudig, maar stel ’n program op waarin sekere aktiwiteite of gebeure afgebaken word vir die vakansie. Só kan daar besluit word op een groter aktiwiteit en drie of vier kleiner aktiwiteite vir elke week van die vakansie. Aan die begin van elke week kan julle dan besluit wat julle op watter dae wil doen. Selfs al is die kinders by Xcellence moet daar nog n paar reels by die huis wees. Indien alle reels die venster kry sal die begin van die nuwe kwartaal n 3 tot 5 dag frustrasie vir die ouer wees.
Liefde Xcellence bestuur.










