Vakansie pret by Xcellence

Die vakansie is hier, maar moenie dink ure voor die televisie is jou enigste opsie om jou kroos besig te hou nie. Wees kreatief en beplan ’n lekker uitstappie saam met jou kind; ’n lekker dag hoef jou nie duisende rande uit die sak te jaag nie. Hier is ’n paar voorstelle wat as inspirasie kan dien.

’N PAAR ALGEMENE VOORSTELLE

  1. Gaan hou piekniek in ’n parkie naby jul huis. Betrek jou kind by die inpak van jul piekniekmandjie deur hulle byvoorbeeld te vra om worsies en stukkies kaas op tandestokkies te help inryg. Of vat papierborde saam wat hulle kan versier deur daarop te teken.
  2. Vind uit watter vakansieprogramme jou plaaslike Xcellence beplan. Xcellence het dikwels wonderlike aktiwiteite en leeshoekies wat kleingoed ure kan besig hou met toesig.
  3. Doen saam met jou kind ’n goeie daad of vrywilligerswerk. Julle kan byvoorbeeld saam ’n tehuis vir bejaardes gaan besoek en vir die inwoners ’n tuisgemaakte kaartjie en ’n paaseier gee. Gesels met jou kind oor hoekom julle dit doen en hoor hoe hulle wil of kan help.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *